J744(A)
REPUBLIC
OF SOUTH AFRICA
[Regulasie 2(1) – Vorm A]
AANSOEK OM SKRAPPING VAN ‘N KRIMINELE REKORD
[ARTIKEL 271B (1) VAN DIE STRAFPROSESWET, 1977 (WET NO. 51 VAN 1977)]
(Moet voltooi word deur ‘n persoon wat ‘n kriminele rekord ouer as 10 jaar het en aan wie ‘n boete van hoogstens
R20 000 opgelê is en wie nie tot ’n tydperk van gevangenisstraf gevonnis is nie)
DEEL I
ALGEMENE INLIGTING
Wie mag om die skrapping van ‘n kriminele rekord aansoek doen:
‘n Persoon mag aansoek doen indien:
10 Jaar na die datum van skuldigbevinding vir daardie misdryf verloop het.
Die persoon nie aan enige misdryf skuldig bevind en gevonnis is tot ‘n tydperk van
gevangenisstraf sonder die keuse van ‘n boete gedurende daardie 10 jaar nie.
Die persoon gevonnis is tot enige van die vonnisse in Deel II van hierdie Vorm uiteengesit.
‘n Persoon kwalifiseer nie, indien:
Hy of sy skuldig bevind is aan ‘n seksuele misdryf teen ‘n kind of ‘n persoon wat verstandelik
gestremd is of van ‘n misdryf, waar hy of sy onbekwaam bevind is om met kinders te werk.
Sy of haar naam in die Nasionale Register vir Seks-oortreders of die Nasionale
Kinderbeskermingsregister opgeneem is maar mag kwalifiseer as sy of haar naam van die
Nasionale Register vir Seks-oortreders of die Nasionale Kinderbeskermingsregister verwyder
is.
Nota:
Voordat ‘n aansoek om skrapping van ‘n skuldigbevinding ingedien word, moet ‘n gedragsertifikaat
waarin aangedui word dat ‘n tydperk van 10 jaar verloop het na die skuldigbevinding(s) en vonnis(se)
van die Kriminele Rekordsentrum van die Suid-Afrikaanse Polisiediens bekom word. Die
gedragsertifikaat moet by die aansoek aangeheg word.
Indien die persoon se naam in die Nasionale Register vir Seks-oortreders opgeneem is, moet ‘n
bevestiging van die Registrateur bekom word dat sy of haar naam van die Register verwyder is. Die
bevestiging of ‘n gesertifiseerde ware afskrif van die bevestiging moet by die aansoek aangeheg
word.
Indien die persoon se naam in die Nasionale Kinderbeskermingsregister opgeneem is moet ‘n
bevestiging van die Direkteur-generaal: Maatskaplike Ontwikkeling bekom word dat sy of haar naam
van die Register verwyder is. Die bevestiging of ‘n gesertifiseerde ware afskrif van die bevestiging
moet by die aansoek aangeheg word.
Prosedure:
Die voltooide aansoekvorm (Deel II en Deel III), tesame met die aanhangsels moet gepos word of per
hand afgelewer word aan die Direkteur-generaal: Justisie en Staatkundige Ontwikkeling:
Posadres: Privaatsak X 81 Pretoria 0001
Straatadres: Momentum Sentrum, Pretoriusstraat 329 (hoek van Pretorius en Prinsloo strate),
DEPARTMENT OF JUSTICE AND CONSTITUTIONAL DEVELOPMENT
J744(A)
DEPARTMENT OF JUSTICE AND CONSTITUTIONAL DEVELOPMENT
2
Indien die Direkteur-generaal oortuig is dat die persoon voldoen aan die vereistes in artikel 271B(1)
van die Wet uiteengesit, sal hy of sy ‘n sertifikaat van skrapping uitreik, wat gelas dat die misdryf(we)
en vonnis(se) van die persoon geskrap word.
Die sertifikaat van skrapping wat deur die Direkteur-generaal uitgereik is sal binne 14 werksdae aan
die hoof van die Kriminele Rekordsentrum van die Suid-Afrikaanse Polisiediens voorgelê word.
Indien die aansoek om skrapping geweier word, sal die persoon per pos ingelig word van die besluit
en die redes vir die besluit.
Die hoof van die Kriminele Rekordsentrum van die Suid-Afrikaanse Polisiediens sal binne 21
werksdae skriftelik aan die persoon bevestig dat die betrokke skuldigbevinding(s) en vonnis(se)
geskrap is.
Nota: Versuim om die vorm volledig te voltooi of die vereiste dokumente aan te heg mag die aansoek
om skrapping vertraag.
DEEL II
AANSOEK OM SKRAPPING VAN ‘N KRIMINELE REKORD
INGEVOLGE ARTIKEL 271B VAN DIE STRAFPROSESWET, 1977 (WET NO. 51 VAN 1977)
(Indien die spasie onvoldoende is moet die inligting op ‘n aangehegte aanhangsel voorsien word)
(i) Ek, ……………………………………………………………………………………………………………………………
(volle name en van van applikant),
ID Nommer: …….………………………………………………………..…..……..
of Paspoort nommer …….………………………………………………………..…..……..
of Datum van geboorte …….………………………………………………………..…..……..
was skuldig bevind aan die volgende misdryf(we) en op die datum(s) soos hieronder aangedui:
MISDRYF DATUM
(ii) Die volgende vonnis(se) is aan my opgelê:
Merk die vonnis(se) opgelê met ‘n X
Die oplegging van vonnis is uitgestel.
Gewaarsku en ontslaan.
Boete opgelê oorskry nie R 20 000. Die boete opgelê was R ………….............…….. .
Lyfstraf (houe).
J744(A)
DEPARTMENT OF JUSTICE AND CONSTITUTIONAL DEVELOPMENT
3
Gevangenisstraf van ………………………………………............................…………. met die keuse
van ‘n boete van hoogstens R20 000. Die boete was R ………..................……….. .
Vonnis van gevangenisstraf is in geheel opgeskort.
Korrektiewe toesig.
Periodieke gevangenisstraf.
‘n Tydperk van …………jaar het verloop na die datum van my skuldigbvinding.
(iii)
Ek is nie gedurende die tydperk van 10 jaar skuldig bevind van enige ander misdryf en gevonnis
tot gevangenisstraf sonder die keuse van ‘n boete nie.
(iv)
‘n Gedragsertifikaat met Navraag No: ………………………………………………………..……………
uitgereik op ...……………………………van die Kriminele Rekordsentrum van die Suid-Afrikaanse
Polisiediens verkry wat aandui dat ‘n tydperk van 10 jaar verloop het na die datum van
skuldigbevinding, is aangeheg.
* Skrap wat nie van toepasing is nie / Merk met ‘n X
(v)
* Ek was nie skuldig bevind aan ‘n seksuele misdryf teen ‘n kind of ‘n persoon wat verstandelik
gestremd is nie, en my naam is nie in die Nasionale Register vir Seks-oortreders opgeneem nie.
* Ek was skuldig bevind aan ‘n seksuele misdryf teen ‘n kind of ‘n persoon wat verstandelik
gestremd is, en my naam was in die Nasionale Register vir Seks-oortreders opgeneem op
……….………….………………. en uit die register verwyder op ……………..…….…………………. .
Bevestiging van die Registrateur is aangeheg.
(vi)
* Ek was nie deur ‘n strafhof onbevoeg bevind om met kinders te werk nie en my naam is nie in die
Nasionale Kinderbeskermingsregister opgeneem nie.
* Ek was deur ‘n strafhof onbevoeg bevind om met kinders te werk en my naam was in die
Nasionale Kinderbeskermingsregister opgeneem op ……………………..…………………. en uit die
register verwyder op ………………..…………………. . Bevestiging van die Direkteur-generaal:
Maatskaplike Ontwikkeling is aangeheg.
(vii)
Ek versoek dat ‘n sertifikaat van skrapping wat gelas dat die skuldigbevinding van my rekord
ingevolge artikel 271B(2) van die Wet geskrap word, uitgereik word.
J744(A)
DEPARTMENT OF JUSTICE AND CONSTITUTIONAL DEVELOPMENT
4
DEEL III
PERSOONLIKE EN KONTAK BESONDERHEDE VAN DIE APPLIKANT
(i) PERSOONLIKE BESONDERHEDE
Van: ……………………………………………………………………………..
Volle name: ……………………………………………………………………………..
ID Nommer: ……………………………………………………………………………..
of Paspoort nommer: ……………………………………………………………………………..
of Datum van geboorte: ……………………………………………………………………………..
(ii)
KONTAK BESONDERHEDE
Woonadres:
……………………………………………………………………………………………………………
……………………………………………………………………………………………………………
………………………………………………………………
Poskode ……………………………
Posadres:
……………………………………………………………………………………………………………
……………………………………………………………………………………………………………
………………………………………………………………
Poskode ……………………………
Telefoonnommers:
Werk: ……………………………………………………………………………..
Huis: ……………………………………………………………………………..
Selfoon: ……………………………………………………………………………..
E-pos adres: ……………………………………………………………………..
Faks nommer: ……………………………………………………………………..
Geteken te ………………..……….................................…… hierdie ………….dag van ……………….……… jaar ………..
..........................................................................................................
HANDTEKENING (Applikant)
J744(A)
DEPARTMENT OF JUSTICE AND CONSTITUTIONAL DEVELOPMENT
5
Deel IV
Alleenlik vir amptelike gebruik: Verwysings No ………………………………………….
NAAM VAN APPLIKANT: ………………………………………………………………………………………………..
(i)
Verantwoordelike beampte: Aanbeveling
……………………………………………………………………………………………………………………..
……………………………………………………………………………………………………………………..
……………………………………………………………………………………………………………………..
……………………………………………………………………………………………………………………..
……………………………………………………………………………………………………………………..
__________________________ ________________________
Geteken Datum
(ii) Nasien beampte: Aanbeveling
……………………………………………………………………………………………………………………..
……………………………………………………………………………………………………………………..
……………………………………………………………………………………………………………………..
……………………………………………………………………………………………………………………..
……………………………………………………………………………………………………………………..
__________________________ ________________________
Geteken Datum
(iii) Direkteur-generaal: Besluit
* Ek is oortuig dat ..............................................................................................................................................................
(naam van of applikant)
aan die vereistes soos in artikel 271B(1) uiteengesit vir die uitreiking van ‘n sertifikaat van skrapping voldoen en
gevolglik gelas ek dat die tersaaklike misdryf(we) en vonnis (se) op sy/haar kriminele rekord geskrap word.
Gevolglik reik ek, ingevolge artikel 271B(2), die aangehegte skrappingsertifikaat uit. Ek versoek dat
……………………………………………………………………………………..(die aangewese beampte) die sertifikaat aan
die hoof van die Kriminele Rekordsentrum voorlê om ooreenkomstig artikel 271D van die Wet mee gehandel te word.
J744(A)
DEPARTMENT OF JUSTICE AND CONSTITUTIONAL DEVELOPMENT
6
* Ek weier om die sertifikaat uit te reik omdat die applikant
, ……………………………………………………….
(naam van applikant)
om die volgende redes nie kwalifiseer nie:
……………………………………………………………………………………………………………………..
……………………………………………………………………………………………………………………..
……………………………………………………………………………………………………………………..
……………………………………………………………………………………………………………………..
……………………………………………………………………………………………………………………..
……………………………………………………………………………………………………………………..
……………………………………………………………………………………………………………………..
……………………………………………………………………………………………………………………..
……………………………………………………………………………………………………………………..
……………………………………………………………………………………………………………………..
……………………………………………………………………………………………………………………..
……………………………………………………………………………………………………………………..
……………………………………………………………………………………………………………………..
___________________________________ ________________________
Direkteur-generaal Datum
Justisie en Staatkundige Ontwikkeling
(Amptelike stempel van die Direkteur-generaal)